‘n Vroegoggend rit deur die plase van die Vrystaat is genoeg om elke fotograaf se hart te laat klop! Met die aankoms by tannie Henriette op die buurplaas van Mooigelegen is ons hartlik verwelkom met ‘n koppie tee en ‘n stewige porsie melktert. Met die Vrystaatse woema skop in die maagies, het ek en Michelle die opstal verken vir fotohoekies, waarna ons oor is na die buurplaas waar ons verras is met die pragtige saal en kapel waar die troue van Martin en Sulene oor ‘n paar ure so plaasvind…

Tannie Heila Meintjies en haar man Oom Piet het ons vinnig rond gewys en met egte boere vriendelikheid al ons vrae beantwoord. Die onthaalsaal se dekor, meestal die handewerk van Sulene en haar werksmense het dit ‘n egte “rustic-vintage” gevoel gegee met die ideale blomme – Koring gerwe van die landerye af…

Die bruidskamer was in rep en roer met almal wat moet klaar, Sulene heel ontspanne het vir klein JC help aantrek en seker gemaak die mannetjie is reg vir die groot dag. Maak ‘n nota bruide, as jy graag iets wil sê op jou troudag, maar bang is dat jy te emosioneel gaan wees – Gebruik Sulene se manier, haar boodskap aan al die belangrikste mense in haar lewe het gespeel net voor sy in die kapel ingeloop het en daar was baie min oë wat droog gebly het… “Engel” soos Martin bekend staan in die familie moes ook ‘n paar trane afvee voor sy bruid by hom aansluit.

Baie dankie vir julle vrywilligheid (en oom Piet se toestemming) dat ons in die landerye kon foto’s neem en julle kar keuse was perfek!

Daar is tot laat in die nag gedans en gekuier op hierdie besonderse Vrystaatse plaas troue. DIe kinders is besig gehou met ‘n springkasteel en het hulle eie tafel gehad met die oulikste blikborde en bekertjies en partytjie pakkies.

Martine & Sulene, mag julle ‘n geseënde huwelik hê en altyd net liewer word vir mekaar, klein JC moet nooit jou oulike glimlag verloor nie =) Mag julle troufoto’s julle altyd onthou van julle troudag, die beloftes wat julle gemaak het, die mense – familie en vriende – wat julle die wêreld voor beteken en mag julle elke keer as julle na die foto’s kyk net goeie herhinnering hê.

xxx Vonmari
Vrystaat plaas troue
bruid detail fotos
Vrystaatse plaas troue - bruid
bruidegom - mooigelegen vrystaat
Martin & Sulene - Blog -5
troue seremonie by mooigelegen in die vrystaat
bruid en bruidegomGastefoto op vrystaatse troueFamilie Troufotos
Troufotografie
Troukar fotoVrystaatse trou fotos
Ou buitgeboue trou fotoFotos van die Vrystaat Suid Afrika
troufotografie in die vrystaatMooiste plaas troufotoPlaas Trou foto ideesMielie landerye troufotosPlaas TroufotosMooiste vrystaatse troue

Koring lande in die vrystaat trou fotografie
Reitz koring lande troufotosBruidspaar in koringlande

Dam en water troufoto'sMooigelegen Troues in die Vrystaat
Onthaal op Mooigelegen Reitz
Lekker plaas troue onthaal