Die sprokie begin hier…
Is die eerste woorde wat ons gesien het toe ons op 23 November by Makinky Manzi se hekke buite Rustenburg ingery het. Die saal is opgemaak deur Narise en haar “bruidslafies” om ‘n vintage tema te hê. Met rose, krale, ou boeke en linte kan geen troue se dekor beter as wees nie. Die “barn-yard” styl van die Makinky Manzi leen hom toe vir ‘n outydse styl met groot hout deure, hout bordjies wat die pad aanwys en die kapel in die magaliesberg kloof.

Narise het beeldskoon gelyk in haar sagte rok van kant, die net oor haar gesig en die rooiste lippe… Tiaan het die trou-senuwees kalmeer met ‘n klein dop, waarna die hitte aan gepak is om vir sy bruid te wag.

Die seremonie is waargeneem deur Tiaan se pa en die boodskap was diep uit die hart met raad en bystand vir die huwelikspad vorentoe. Die familiefoto’s was beslis die beste en maklikste ooit met almal wat graag op hulle wou wees :-)

Dankie aan die gevolg vir al die pret tydens julle fotosessie. Tiaan en Narise bly altyd so verlief en moet nooit die sprankel in julle oë verloor nie. Geniet die foto’s en die wittebrood!

Makinky Manzi troufoto’s op Stoker Studio Facebook:

Makinky Manzi Trou Foto’s, Trougaste foto’s en Irene Farm Verlowing Foto’s

Dankie dat ek kon deel in hierdie besonderse dag in julle lewens!
Vonmari

rustic vintage couple love afrikaans sayingcool groom and groomsmen photography at makinky manzivintage groom detail photographydetail before her wedding at makinky manzibride vintage detail photography  vintage wedding at makinky manziwedding ceremony celebrations bride goom bridesmaids and groomsmen at makinky manzi bride having fun on the rocks at makinky manzi vintage bride and groom on rocks bride and groom rustic barn sillhouette photography rustic vintage groom kissing bride in neck on old wood bridge at makinky manzi bride and groom holding a boar with saying old vintage car with vintage theme bride and groom the bush at makinky manzibride groom and family at makinky manzibeautiful vintage diy wedding decorationbride and groom having fun with vintage backdrop in photo boothbride and groom wedding traditionsvintage wedding at makinky manzi

Troue Inligting:

Venue – Makinky Manzi, Rustenburg Fotograwe – Stoker Studio (Vonmari & Lisa)