hartbeespoort verlowing
troufotografie Harties - Verlowing fotos
Zarivonco Hartbeespoort
StokerStudio Wedding Photographers
Riaan & Chauntelle E-shoot
Ons Trou - Fotografie
prewedding photography hartbeespoort
Magalies Troufotografie
Couple Prewedding Photography

‘n Troue om voorwaar na uittesien! Riaan en Chauntelle dankie vir die oggend wat ek saam met julle kon spandeer, julle leer ken en bowenal die liefde wat julle vir mekaar het kon beleef en vasvang op kamera. Die liefde en lewe borrel uit hierdie twee mense (mmm… tot die tape leegloop…) wat mekaar aanvul en vervolmaak. Met eerste oogopslag kan gesien word dat hulle vriende, sielsgenote is wat letterlik mekaar se gedrag kan voorspel (ne Mnr. HULK) en dan instinktief op die ander een se gemoed reageer.

Ek sien uit om julle gasteboek te begin maak, want ek wil net meer en meer foto’s van julle deurgaan en gebruik… Die troufoto’s gaan verseker ‘n hoogtepunt van 2013 vir Stoker Studio wees. Ons kan nie wag daarvoor nie! Geniet die verlowingsfoto’s intussen, hou aan om elke dag so diep in mekaar se oë te kyk en die wêreld ‘n vriendeliker plek te maak.

Groete,
Vonmari

Chauntelle en Riaan se verlowingfoto’s is geneem op Zarivonco in Hartbeespoort.
Hulle troue is die 21ste Maart by Farm Inn in Pretoria.