Pretoria Farm Inn Troue - Riaan & Chauntelle
Pretoria Farm Inn Troue - Bruid voor SeremoniePretoria Farm Inn Troue - ChauntelleFotografie van Bruid DetailBruid en StrooimeisiesPretoria Farm Inn Troue - RiaanBruidegom en Strooijonkers voor trouseremonie in PretoriaPa en Bruid voor Trou SeremoniePa loop saam met bruid na die kanselPretoria Farm Inn Trou SeremonieJagluiperd as ringdraer by Trou Seremonie in PretoriaTrouringe - Trou beloftesPretoria Farm Inn Troue met JagluiperdWedding bouquet with Bride and GroomGauteng Wedding Photography - The Farm Inn SilverlakesRustic wooden shed wedding photography in GautengBridal couple holding wedding bandsBest Wedding Photography IdeasPretoria Farm Inn Troue - Trou FotografieBruid en Bruidegom Trou FotografiePretoria Farm Inn Troue - SunsetWedding Party - Bruids gevolgPretoria Farm Inn Troue - Detail Van onthaal saal

“The Farm Inn” gelee in Silverlakes, Pretoria Oos bied aan bruidspare ‘n unieke toevoeging tot hulle trou fasiliteite: ‘n Jagluiperd wat jou ring in die kapel in dra en saam met wie jy ‘n paar foto’s kan neem. Vir die bruidspaar – Riaan & Chauntelle – was dit ‘n groot aantrekkingskrag en so het dit gebeur dat hulle troue op die 21ste Maart 2013 by Farm Inn gehou is. Die trou fasiliteite van Farm Inn sluit nie net ‘n jagluiperd in nie, maar ook ‘n boomryke bosveld, ‘n hout muur, wandelpaaie en idiliese klip geboue.

As jy nie weet wie om jou troue te reel nie, kry vir Chauntelle… Die bruid het baie reelings getref, maar indrukwekkend – sy het baie van die detail van die dag self gedoen. Die opmaak van die lekkergoedtafel (wat as dankie geskenk gedien het), die blomme, kaartjies en die bruidstafel se versierings. Alhoewel sy dit alles gedoen het, was sy rustig op die troudag (behalwe vir so bietjie opgewonde stress…)

Die bruidsmeisies en Chauntelle het aangetrek en reggemaak vir die groot dag in die wittebrood kamer en die manne in een van die gaste kamers. Met die aankoms by die kapel was Riaan behoorlik op sy senuwees. Maar toe Chauntelle in die kerk afstap saam met ‘n trotse pa was daar net liefde en vreugde van die gaste en bruidspaar te sien.

Die beste idee van die dag was die bruid se keuse van trourok. So elegant en perfek, maar rits hom af vir die onthaal en jy het hip en funky – geen vastrap van some en val oor valle. Die gooi van die kousband en ruiker was ook nie op die tradisionele manier gedoen nie. Die dames het almal in ‘n kring gestaan, die ruiker in die rondte gestuur en as hy by jou is as die musiek stop – val jy uit. So het dit aangehou tot net een dame oorgbly het. Die mans het “musical chairs” gespeel, maar die kinkel in die kabel het ingekom toe die laaste twee mans vir die dame wat gewen het moes dans en sy kies dan die wenner wat die kousband kry.

Wat het my laat laat staan met my mond oop van verwondering: Die “greese” dans by die onthaal. Ek het nog nooit so iets beleef nie. Die musiek het begin, al die vriende was op die dansbaan en daar begin ‘n groepsdans / “musical” wat jy sal dink hulle al jare aan oefen.

Riaan en Chauntelle, baie dankie dat ek deel van julle troudag kon wees. Julle is wonderlike mense en is omring deur ‘n vriendegroep en familie wat julle ondersteun en waaruit die liefde en kamaraadskap skyn. Mag julle troufoto’s vir julle ‘n mooi herhinnering wees aan die belofte wat julle gemaak het op hierdie dag en julle altyd laat onthou hoe lief julle mekaar het.

Vriendelike groete,
Vonmari