Na ‘n lekker warm week is Pieter en Michelle se Hartbeespoort verlowing foto sessie gehou op ‘n koel Saterdag by Zarivonco en Hartbeespoort Dam. Die lug was baie koud, maar die liefde warm en die koue front het gesorg vir mooi blou lug.

Die fotosessie het begin in die veld by die perde wat by die hek gestaan het en gewag het om stalle toe te gaan, waarna ons na die hout stalle is om die glans tussen Pieter en Michelle tussen die bale af te neem. Pieter en Michelle kon nie ophou lag nie en die glimlagte op hulle gesigte kan mens agterkom kom van hulle harte af. Michelle met haar sagte warm persoonlikheid slaan behoorlik Pieter se voete onder hom uit elke keer as sy glimlag en as Michelle na Pieter kyk dan is daar sterre in haar oë.

Die fotoraam sorg altyd vir lekker pret as die paartjie ‘n paar maniere moet uitdink om voor en agter hom te “pose”. Die een moet die raam vashou terwyl die ander een agter hom moet staan en gesigte trek / op verskillende maniere staan. Met hierdie foto’s kan duidelik gesien word dat Pieter glad nie skaam is vir ‘n kamera nie en hy was so besig soos ‘n seuntjie wat nie genoeg van ‘n goeie ding kan kry nie :)

Die tweede deel van verlowing foto’s is geneem by Hartbeespoort Dam terwyl die son ondergaan. Hierdie deel was rustiger en het die pragtige band tussen Pieter en Michelle vertel.
Mag julle altyd so gelukkig wees en die foto’s geniet.

Groete,
Vonmari
Verlowing Fotografie

Hartbeespoort Perde

Pieter & Michelle op die Plaas

Verliefde Paartjie

Couple Photography

Wooden Barm Photography

Using a frame as prop

Engagement Photography
Happy Couple
Verlowing Foto's
Harties Fotografie
Hartbeespoort - Pieter & Michelle
Hartbeespoort Dam Foto's
Sonsondergang by Harties
Trouring
Hartbeespoort Fotograaf
Verlowing Fotografie in Harties
Sonsondergang
Pieter & Michelle E-shoot