Wedding PhotographyBride and BridesmaidsWedding PhotographyBride and Bridesmaids PhotographyWedding PhotographyGreen Leaves Wedding VenueGreen Leaves Wedding PhotographyGreen Leaves Plantation WeddingStable Venue - Green Leaves Wedding VillageWedding PhotographyWedding Photography

Salome, jy was beslis die eerste bruid wat klaar was teen die tyd dat ek opgedaag het en nie ‘n minuut langer kon wag om in jou rok te wees nie! As ek na die foto’s kyk, kan ek nie dink dat jy self jou hare en grimering gedoen het nie. Van jou is dit beslis waar dat ware skoonheid van binne af straal…

Pieter, ‘n skoolvriend, en Salome het in graad 10 begin uitgaan en van die begin af was die verhouding tussen hulle meer as ‘n verbygaande skool liefde. Salome is nog altyd vir Pieter die kosbaarste skat wat hy kon ontdek het en hy dra haar en haar belange altyd voor sy eie. Piet, jy het nie terug gestaan vir jou mooi bruid nie en jy en die manne het my lekker laat lag met julle fotosessie.

Salome se enigste versoek was dat sy baie graag foto’s saam met bloeisels wil hĂȘ, die enigste boom wat in bot was, is ‘n klein een naby die wilgerbome by Green Leaves se huise – en so het Salome haar versoek gekry van foto’s met bloeisels. Die herfsblare en kaal bome het die illusie van winter gegee en die groen bome en gras by die dam was ‘n somer gevoel. Soos julle al die seisoene in julle troudag kan herken, pas mekaar op in die lewe deur al die seisoene en julle sal altyd so gelukkig wees soos op julle sprokies troudag!