Verlowing Fotografie Sessie
marli en pierre
verlowing liefde
vra haar om te trou

Die naweek het nader gekom en die lug het vol donderwolke gebly, ek het begin bekommerd raak oor die verlowing fotosessie wat twee weke voor die troudag moet plaasvind. Maar Saterdag het gekom en die wolke was mooi en sag in die lug… Ons het besluit om die foto sessie in die tuine (Wisteria Garden) te doen waar hulle binnekort hulle huwelik gaan vier. Dit het ons die geleentheid gebied om die plek te leer ken, sowel as mekaar (en vir Pierre gewoond te maak aan die kamera…).

Binnekort is dit die troufoto’s wat opgelaai gaan word, ons sien saam met julle uit na die groot dag!