Marli Troufoto's
Troufoto's
Wisteria Garden
Pierre en Marli Trou Foto
Bruid en Bruidegom Foto
Bruid en Bruidegom by Dam
Bougainvilla troufoto
Foto van Trouring

Pierre en Marli, met julle verlowing fotosessie was die liefde tussen julle tasbaar. Met ‘n kyk kon julle mekaar na ‘n droom wêreld wegvoer… Met julle huwelik het julle hierdie band versterk en julle hele dag het gespreek daarvan. Mag julle liefde vir mekaar nooit minder raak nie en altyd bly groei soos die tuin waarin julle trou beloof het aan mekaar. Dit was ‘n egte Suid-Afrikaanse Somer troue met wit sambrele, groen tuine, ‘n helder blou lug met hier en daar ‘n wolkie – en ‘n beeldskone bruid.

Ek het eers vir Pierre gaan afneem en na ‘n tydjie se wag het hy opgedaag, sy oë het geblink en sy eerste woorde was: “die dag is nou hier, ek het nie gedink dat ek bekommerd gaan wees nie, maar my hele lyf bewe nou. Ek kan nie meer wag om by Marli te wees nie!” Pierre, mag jy altyd so uitsien om huistoe te gaan – om na Marli toe te gaan. Jy het ‘n wonderlike vrou gevind, ‘n meisie wat se hele wese spreek van omgee, liefde en goedhartigheid. Pas haar op soos die juweel wat sy is, vertroetel haar en wys haar elke dag hoeveel jy waardeer om langs haar sy te wees…

Pierre en Marli, dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag.