bridesmaids and brideWedding Photographywedding ceremony photographyWedding PhotographyWedding PhotographyWedding Photographybride and groom photographyWedding PhotographyWedding Photography

Marius en Melinda se droom troue in elke sin van die woord. As jy by ‘n plek soos Green Leaves werk en elke naweek tot twee troues beleef, dan is daar hoë verwagtinge as jou eie dag aanbreek. Gelukkig ken jy dan ook al die reelings en maak dit dat jy heeltyd op hoogte is.

Melinda het die troue begin reel en omdat sy dit so goed kan doen, was haar en Marius se groot dag rustig en alles het vlot verloop. Ek het nog nie ‘n rustiger bruid teë gekom nie (sy moes amper gesmeek word om te begin reggmaak) sy en haar bruidsmeisies het die wittebroodkamer behoorlik op horings geneem en die oggend geniet!

Marius en sy jare lange vriende het ‘n rondte golf gespeel en daarna rustig gesit en kuier – hy was wel nie so rustig toe hy voor in die kapel gewag het nie. Na die klok gelui is om aantekondig dat Melinda opgedaag het (in die mooiste rolce…) was die opwagting voelbaar, en met reg, want Melinda was ‘n absolute prinses.

Mel en Marius, dankie vir julle vriendskap en die wonderlike dag wat ons almal saam met julle kon deel. Dankie vir al die grappe en lag, die toesprake was uitstekend en julle het albei wonderlike families. Mag julle lewe saam altyd groei in Christus en julle Sy liefde in julle lewe voel.