Wedding Photography in South AfricaWedding Photography HartbeespoortWedding Photography South AfricaWedding Reception photography

Ek ken vir Lisinda al jare lank (‘n skoolvriendin van my oudste sussie) en het vinnig besef waarom sy vir Marius gekies het as lewensmaat. Marius het ‘n interessante en unieke manier van na die lewe kyk en sien in alles iets raak wat niemand ooit aan gedink het nie. Daar is baie goed wat verkeerd kan gaan op mens se troudag, een waaraan daar gewoonlik nie gedink word nie, is beurtkrag (in die middel van die onthaal)! Maar gelukkig is Marius en Lisinda nie beroof van hulle troudag nie, die toesprake is bietjie uitgestel en die kos en groepfoto’s het opgemaak vir die donkerte, waarna die krag gelukkig aangegaan het en die toesprake kon voortgaan. Die aand is om gedans en gekuier! Dit was ‘n troue gevul met humor, liefde en ware vreugde. Liz en Marius, dankie dat ek die fotograaf van die troue kon wees. Julle is pragtige mense en vir ‘n mooier dag met blou lug en wolke kon daar nie gevra gewees het nie.