wedding ceremony in Hartbeespoort
bride on her wedding day
bridal couple on wedding day
bridal pair photography

Jp en Alet het saam met die opgewondenheid van ‘n nuwe jaar ook ‘n nuwe begin gemaak as man en vrou. As hulle troue in drie woorde opgesom moet word dan sal ek sê: Vriendskap, Liefde en Geloof. Dit was ‘n intieme troue gevul met vriende en familie wat die bruidspaar op die hande gedra het. Hulle liefde vir God en mekaar skyn uit die verhoudings wat hulle het met mekaar en hulle vriende/familie.

Omdat dit ‘n oggend troue was het ons die vooreg gehad om in die middel van die dag ‘n fotosessie te hê met blou lug en later na die gaste weg is het ons na ‘n murasie gegaan waar ons ‘n tweede fotosessie gehad het met sagte namiddag lig. JP en Alet, mag julle altyd so gelukkig en verlief wees soos op julle troudag!