Wedding PhotographyWedding Photographystokerstudio wedding photographywedding ceremony photographyWedding Photography
Wedding PhotographyWedding photography voortrekker monument pretoriaWedding Photography

Die dag het begin met ‘n fotosessie saam met die bruidegom: Gerrit. Elke stukkie detail van sy weermag uniform het hy vertel waarvoor dit is en die geskiedenis rondom dit. Lizelle was ‘n plesier om af te neem, met haar rustige geaardheid en opgewondenheid was elke foto vir my die perfekte foto.

‘n Beter plek vir ‘n militêre troue as die voortrekker monument is daar nie. Die uniform in kontras met die sagte rok van Lizelle en die natuur en argitektuur van die gronde was ‘n wenresep. Mag julle baie na julle foto’s kyk en die dag oor en oor beleef. Julle is voorwaar mense vir wie die ekstra myl gestap sal word.