Wedding PhotographyWedding PhotographyWedding PhotographyWedding PhotographyWedding Photography

Vanessa het my een middag gebel: “Ek hoor jy neem Marius en Melinda se troufoto’s, ons kort ‘n fotograaf, ons trou oor ‘n maand”. Vir die van julle wat vir Vanessa ken sal weet, hierdie meisie is passievol, lewe met oorgawe en geniet alles wat sy doen ten volle en dit is presies hoe hulle troudag verloop het…

‘n Huwelik wat in ‘n kort tydjie gereel is, omdat Francois en Vanessa besluit het hulle wil nie langer sonder mekaar lewe nie. Vroeg in die lente het hulle by Ennis Kwekery in die huwelik getree en die troue en onthaal was ‘n fees. Hulle vriendegroep (waarvan klomp bruidsmeisies en strooijonkers was) het die aand aan die brand gedans en die fotosessies het nie een verloop sonder grappe wat jou laat bars het van die lag nie.

Tydens die seremonie het die gesteelde kyke na mekaar jou laat besef, hierdie twee mense deel ‘n spesiale band. Francois en Vanessa, mag julle huwelik altyd so vol vreugde en jolligheid wees soos julle troudag en mag julle altyd die kosbare mense wat julle dag saam met julle gevier het naby aan julle hou!