Ettienne en Bianca, na ‘n redelike gewag is julle foto’s uiteindelik hier en soos met alle goeie dinge hoop ek julle geniet julle foto’s voorwaar!  Op ‘n lekker sonnige winter middag in Pretoria het Ettienne en Bianca hulle verlowing fotosessie by Pretoria se Botaniese Tuine gehad en is alle ys gebreek vir die troudag in September (by FARM INN).

Bianca wat borrel van energie het my behoorlik aan die lag gehad met al haar oulike idees en haar deursettings vermoë om ‘n rokkie te dra wat almal sal laat dink dit was ‘n warm somersdag. Ettienne met sy stil innemende persoonlikheid (of dalk is dit net as hy moet foto’s neem) het alles waargeneem wat sy aanstaande bruidjie doen en met ‘n sagte glimlag gedoen wat sy vra. Selfs om onderste bo aan ‘n tak in ‘n boom te hang was vir hom nie teveel gevra nie…

Die Botaniese tuine is ‘n lekker wegbreek uitstappie vir inwoners van Pretoria en met hulle verskeidenheid natuur tonele en mooi waterval is die dag goed afgesluit… Bianca ek hoop jou boude is nie te seer van die val nie en dat Ettienne opgemaak het daarvoor :)

Julle troue gaan verseker ‘n spog verhaal wees en ek kan nie wag vir die foto’s wat daar geneem gaan word nie.
Ettienne and Bianca Casual e-shoot Beatifull couple Botanical garden waterfall Happy couple Stone wall photography Natural photography Nature couple photo Fun filled photography Wedding Photography Ettienne & Bianca Verlowing Fotografie Pre-wedding photography Botanical Gardens Pretoria Couple photography