Wes-Kaap Troufotografie Stilbaai Bruid Bruidegom op sy Troudag Eerste ontmoeting op Troudag Bruidspaar by die see Trouruiker op Huwelik 'n Paar onverwagste oomblikke Bruid - aankoms by die kerk Huwelikseremonie Fotografie Trouringe - Mooiste Trouringe! Die eerste soen! - Troudag Hoogtepunt... Borrels as Trou Confetti Bruidspaar Loer deur Hartjies Kaalvoet op die Strand - Droom troue Innig, Lief, Verlief - Strand Troue Stilbaai Strand Troue Wes-Kaap Troue - Op die Rotse 'n Paar gunstelinge - Troue by die See Ernest en Arina - Spesiale Troudag Geluk, Samesyn - Huwelikspaar Trougaste Foto Die perfekte sonsondergang!

Om jou vrou op jou voorstoep te ontmoet is voorwaar ‘n seën van Bo, om haar in ‘n wit rok op julle huweliksdag te sien met ‘n uitsig oor die see is ‘n droom, om jou huweliksdag te eindig deur saam met jou nuwe lewensmaat kaalvoet op die strand te loop is die begin van ‘n nuwe lewe saam.

Ernest en Arina het mekaar ontmoet deur gemeenskaplike vriende op Ernest se voorstoep en dit is nie te ver van die voorstoep af waar ons sy oë toegebind het en sy vrou dit vir hom afgehaal het op hulle huweliksdag…

Alhoewel mens altyd aan ‘n sonnige dag by die see dink het hulle troue met ‘n winderige en bewolkte dag begin. Die troupaar het gevra om hulle foto’s vooraf te neem aangesien die huis en strand ‘n entjie se ry van die kerk en onthaal saal af was. So na hulle mekaar ontmoet het by Ernest se huis (op ‘n plaas bo op die berg, naby Jongensfontein, vir die wat nie weet nie – dit is naby Stilbaai in die Wes-Kaap) is ons af na die dorp om uit die reën weer te kom en daar die foto’s te neem… MAAR wat is ‘n troue by die see sonder foto’s op die strand? SO na die oggend se mistroostige weer wat uitgedraai het in ‘n ongelooflike dag is ons saam met Ernest en Arina strand toe (na al die gaste huis toe is) om die “see troue” tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Arina, dit was ‘n voorreg om op so ‘n spesiale manier deel te wees van jou en Ernest se troue. Geniet die foto’s en mag julle ryklik geseën word in julle huwelik…

Groete,
Vonmari

PS. Ons sien uit na nog ‘n lekker paar familie vakansies op die plaas!