Troufotografie Idees Verlowing Foto's - Rand Lughawe Johannesburg Trou Fotograaf - e-shoot Bruidspaar Vooraf Foto's Engagement Shoot - Johannesburg Dewald & Maryna - Bruid & Bruidegom Verlowingfoto's Idees Troufotografie - My Passie Gelukkige paartjie Benoni Trou Fotografie Boksburg Trou Fotograaf Veld Troufoto's Troufotografie in Jhb Beste troufotograaf Geniet elke oomblik! Troufotografie in Gauteng

Die oggend van hulle “verlowing” fotosessie het ek ‘n Borrelende Maryna en ‘n Verliefde Dewald by die Rand Lughawe in Germiston, Johannesburg ontmoet en soos die son hoër geklim het in die lug, het die twee se spesiale band al hoe duideliker geword…

Maryna is ‘n behoorlike hop balletjie en sy sien ‘n geleentheid in elke klein dingetjie raak en raak kindelik opgewonde oor dit. Dewald ondersteun haar in hierdie passie wat sy het vir die lewe en bring ‘n stil rustigheid en standvastigheid in die verhouding in.

Wat ‘n oefensessie was dit, en ek bedoel dit letterlik, bo-in, onderdeur, binne-in, op die grond, in die lug, deur die veld en oraloor het ons die Rand Lughawe gebruik vir al die moontlike foto geleenthede wat ons kon kry. Ons wou graag by die Victoria Lake die tweede deel van die fotosessie doen, maar hulle was ongelukkig die dag gesluit vir onderhoud en het na die veld langs die lughawe terug gegaan om ‘n paar foto’s in ‘n gemaklike natuurlike omgewing ook te kry.

Ek sien uit na die paartjie se troue wat in Mei by La’Aquilla in die Ooste van Pretoria gaan wees. As die verlowingsessie al soveer “magic” gehad het kan ek nie eers begin dink aan die vonke op die troudag! Julle is pragtig en dankie dat ek julle kon leer ken en deel kan wees van hierdie groot geleentheid in julle lewe!

Groete,
Vonmari