Trou Fotografie - L'Aquilla Bruid Foto's Gauteng Bruid - L'Aquilla Bruidegom Fotografie L'Aquilla Troufotograaf Trouringe - Foto "I do" photography Ons is getroud! Confetti kiss - L'Aquilla Sny van Troukoek Best wedding Photography Natural Wedding Photography Natuurlike Troufotografie Gemaklike Troufotograaf Wedding bouquet photo Sunset on wedding day L'Aquilla - Pretoria Oos Wedding Venue Guest wedding photograph Mr&Mrs - game on wedding

 

 

L’Aquila in die Ooste van Pretoria was die venue van hierdie borrelende troue en die helder blou kleur het die nodige trefkrag verskaf wat sulke lewensliewende mense verdien…

Soos met die verlowing fotosessie was dit met die intrap by die troue helder dat hierdie troue propvol aksie en geluk gaan wees. Maryna met krullers in die hare en ‘n mond wat letterlik gebewe het van opgewondenheid het die dag afgeskop met Dewald wat rustig ‘n biertjie saam met die manne geniet. As fotograaf moet ek ‘n paar hoogtepunte en laagtepunte uitlig…

Trou Hoogtepunte:

1. Die lekkergoedtafel – mens kon nie na dit kyk sonder dat jy mond water nie.
2. Die bruidskamer – waar die meisies aangterk het. Die kamer het lekker lig, ‘n hoë dak en genoeg spieëls.
3. Die bruid – sy het ‘n persoonlikheid wat borrel.
4. Die familie en vriende (gaste) – dankie dat julle so gemaklik alles gedoen het wat ons vra met die gastefoto’s en fotohoekie!
5. Die bruidegom – Dewald ek weet nie hoe jy kom kop hou met al daardie watergeweertjies nie…
6. Die troukoek – Yummy!
7. Die facebook update – Ek is seker dit het baie likes gekry!

Laagtepunte:

1. Die breek van die honeymoon suite bed – Dit was ‘n letterlike laagtepunt toe die manne met hulle vooraf foto’s op die bed gaan sit en hy inmekaar val… Gelukkig is daar ‘n alternatiewe bed ingedra word :)

Dewald en Maryna, Dit was voorwaar ‘n voorreg om julle troufotograaf te kon wees.
Mag julle vir altyd goeie herhinneringe hê as julle na die foto’s kyk en mekaar se lewens verryk.

Groete,
Vonmari

Troue Inligting

Trou Venue: L’Aquila (Pretoria Oos, Gauteng)

Fotograwe: Vonmari Joubert en Cindy Klaver