Wedding PhotographyWedding PhotographyWedding PhotographyWedding Photography

‘n Intieme troue met al die mense wat ‘n rol speel in hulle lewe het Dewald en Louette se dag laat ontvou in ‘n sprokiesverhaal. Die oggend het bewolk begin, bang dat Louette gaan bekommerd wees het ek vroeg opgedaag om haar te verseker alles sal reg uitwerk – Louette was alles behalwe bekommerd – sy wou nog altyd ‘n bewolkte troudag gehad het! Ons het die dag saam met haar begin met ‘n bietjie champange om die groot dag in te lyf.

Dewald, opgewonde soos meeste bruidegomme, het vir haar gewag in Meerhof kapel en na hulle oë op mekaar gelê het, was die dag in volle aanvang. Die fotosessie van die bruidspaar is in Meerhof gehou in ‘n oop stuk veld en voor Jasmyn Plaasmark / Landsmeer ontwikkeling. Dit was ideal aangesien Louette baie graag ‘n foto voor winkelvensters en ‘n straat atmosmeer gevoel wou gehad het.

Die kos was beslis ‘n hoogtepunt! Vir die van julle wat nog nie by Silver Orange Bistro in Hartbeespoort geeet het nie, moenie wag nie, bespreek nou vir jou en jou geliefde plek.